top of page

 

Marthie de Bruin Akademie Gedragskode

 

 

1.AANDEEL IN DIE OPBOU EN INSTANDHOUDING VAN DIE TERREIN

 

  • Net soos elke mens trots is op sy persoonlike netheid, so moet hy ook trots wees op die netheid en ordentlikheid van sy omgewing.  So moet elke leerling trots wees op die netheid van ons skoolterrein,  die geboue, blomme en struike.  Dit is nie net die taak van die hoof en personeel nie, maar ook die taak van elke leerling om te help met die opbou en instandhouding van ons terrein.

 

2.AFWESIGHEID

 

  • Leerlinge mag slegs weens siekte of om ‘n ander goeie rede van skool afwesig wees.  ‘n Leerling wat afwesig was, moet op die eerste dag wat hy weer die skool besoek, ‘n brief van sy ouers bring waarin ‘n  rede vir afwesigheid aangedui word.  Die brief moet in die registerperiode aan die betrokke klasonderwyser gegee word.  Indien ‘n leerling langer as 2 dae afwesig is, moet ‘n doktersertifikaat voorgelê word.

 

  • Gedurende skoolure word dringende verlof deur die hoof toegestaan in die geval van ernstige siekte, dood of begrafnis, besoek aan spesialis, ens.  Geen leerling mag ‘n ouer of iemand anders skakel om haar/hom gedurende skooltye te kom haal alvorens die nodige toestemming vooraf van die kantoor verkry is nie.  In bogenoemde geval moet die ouers persoonlik die leerling by die skool kom haal.

 

  • Leerlinge wat afwesig is tydens ‘n toets of eksamen moet ‘n mediese sertifikaat inhandig, anders kry hy/sy nul vir die toets of eksamen.

 

Ongereelde skoolbesoek steur die leerling in sy vordering en lei tot laksheid, gebrek aan belangstelling en uiteindelik tot onkunde en onbevoegdheid.  Net soos elke volwasse persoon ‘n werk het en daarna streef om dit goed te doen, so moet elke leerling skoolgaan as sy daaglikse werk beskou en dit goed doen.

 

3.BESERING EN SIEKTE GEDURENDE SKOOLURE

 

  • Indien ‘n leerling gedurende skoolure beseer  of siek word, moet dit onmiddelik by die kantoor gerapporteer word.  So 'n leerling mag slegs met die ouers se toestemming by die skool gehaal word deur iemand anders as die ouers.  Geen leerling mag self huis toe bel en sê dat hy/sy siek is nie.

 

4.VANDALISME EN KWAADWILLIGE BESKADIGING

 

  • Geen skade of kwaadwillige beskadiging van privaat eiendom of skooleiendom word toegelaat nie.  Enige voorvalle moet onmiddelik by die hoof gerapporteer word.  Sodanige leerling is aanspreeklik vir die skade.

 

 

5.GEDRAG IN DIE KLASKAMER

 

  • Binne die klaskamer moet elke leerling sy uiterste bes doen om orde te handhaaf en sy deel by te dra sodat die werk so vining moontlik kan vlot.

  • Leerlinge mag geen speelgoed soos bv. voëlrekke, klappers, waterpistole, muise, elektroniese speletjies, ens., saambring skool toe nie.

  • Leerlinge moet alle papiertjies, ens. wat  hulle om hulle banke gemors het, optel en in die snippermandjie gooi wanneer hulle die klas verlaat.

  • Tafeltjies en stoeltjies moet in ordelike rye gelaat word.

  • Daar mag onder geen onstandighede op die meubels geskryf, gekrap of skroewe uitgedraai word nie.

  • Wanneer die hoof, ‘n onderwyser of ‘n besoeker die klas binnekom tydens ‘n lesuur, moet alle leerlinge flink groet.

 

6. GEDRAG VAN ONS LEERLINGE TEENOOR ONDERWYSERS

 

  • Ons moet ons onderwysers beskou as ons leermeesters en raadgewers, mense wat altyd bereid sal wees om ons leiding te gee.  Hulle is ook die persone wat elke kind se vordering op elke terrein van ons skoollewe fyn dophou.

  • Van leerlinge word verwag om hoflik en vriendelik te wees teenoor hulle onderwysers en hulle behoorlik te groet.

  • Van leerling word verwag om gehoorsaam te wees en daaglikse opdragte en huiswerk na die beste van hulle vermoë uit te voer.

  • Van die leerlinge word verwag om hulle altyd ordentlik te gedra en so te sorg vir die goeie dissipline en orde van ons skool.

  • Van die leerlinge word verwag om in alle opsigte lojaal teenoor ons skool te wees; daar sal nooit met minagting van ons skool, ons onderwysers en medeleerlinge gepraat word nie.

 

7. GEDRAG VAN ONS LEERLINGE TEENOOR ANDER LEERLINGE

 

Ons kry almal die geleentheid om die senior leerlinge van ons skool te word en van die juniors word verwag om die senior leerlinge die nodige respek en eerbied te betoon wat hulle waardig is.  Ons sien op na ons seniors  om die goeie orde, gees en tradisies van ons skool te handhaaf.   Van alle leerlinge word verwag om mekaar onderling te ondersteun en aan te moedig op verskillende terreine van die skoollewe.

  •  

  1. Leerlinge moet vriendelik en beleefd teenoor mekaar wees.

  2. Leerlinge moet verdraagsaam wees teenoor mekaar, nie onnodig kwaad word of van mekaar kwaad spreek nie.

  3. Leerlinge moet hulself altyd en oral so gedra sodat die goeie naam van ons skool hoog gehou sal word.

  4. Nuwe leerlinge word vriendelik ontvang en dit laat hulle gou tuis voel.

 

8. GEDRAG OOR DIE ALGEMEEN

 

‘n Outomatiese 3-uur detensie word in die volgende gevalle toegereken:

  •  

  1. Rook by die skool.

  2. Agressor in ‘n bakleiery.

  3. Oneerlikheid in ‘n toets of eksamen.

  4. Beskadiging van eiendom van skool, mede-leerder, onderwyser, fasiliteerder, besoeker aan die skool.

  5. Vloektaal teenoor ‘n onderwyser/es.

  6. Vloektaal teenoor ‘n medeleerder.

  7. Afwesigheid van skool sonder toestemming.

 

  • Indien ‘n leerling na deeglike ondersoek skuldig bevind word na ‘n eenmalige oortreding, stel sy/hy hom/haar bloot aan ‘n tydelike of permanente uitsetting van die skool. 

 

Die volgende oortredings geld vir die bogenoemde:

 

  • Opsetlike saakbeskadiging; ook medepligtigheid.

  • Handeldryf of in besit wees van dwelms, alkohol, vuurwapens of ander wapens.

  • In besit van pornografie of pornografie na selfone stuur.

  • Die beoefening en/of aanhang van satanisme.

  • Die gebruik van alkohol en of dwelms op die skoolterrein, of buite die skoolterrein terwyl die leerder die skool op enige manier verteenwoordig.

  • Verskaffing van verbode middels aan medeleerders.

  • Snuif van gom, petrol, ens. op skoolterrein.

  • Skuldigbevinding aan ‘n kriminele oortreding.

  • Diefstal.

  • Oneerlikheid in ‘n toets of eksamen.

  • Aanranding en bakleiery.

  • Intimidasie/teistering/viktimisasie.

  • Seksuele teistering, onsedelike gedrag, ontbloting, betasting.

  • Ernstige ontwrigting van die skoolroetine.

 

  • Indien ‘n leerder by bogenoemde oortredings betrokke is, sal die ouers deur die skool in kennis gestel word.  Van die ouers word verwag om binne 24 uur na kennisname te reageer deur met die skoolhoof in verbinding te tree.  Indien ouers nalaat om te reageer word aanvaar dat die ouers tevrede is dat die saak na goeddunke deur die hoof en tugkommitee hanteer is.

 

9. GRIMERING

 

  • GEEN ‘lip gloss’, maskara, oogomlyner, wangblos, onderlaag, of enige ander grimering word toegelaat nie.

 

10. HARDLOOP IN SKOOLGEBOU

 

  • Geen hardlopery in die skoolgebou word toegelaat nie.

 

11. HANDBOEKE

 

  • Leerlinge moet alle handboeke wat aan hulle uitgereik word van ‘n goeie oortreksel voorsien en oppas a.  As hy/sy ‘n boek verlore laat raak, moet hy/sy die vervangingskoste by die sekretaresse inbetaal.

 

12. HUISWERK

 

  • Hier kry die leerling die geleentheid om te leer om selfstandig te werk.

  • Dit is nie net beperk tot skriftelike werk nie.

  • Studie- en leerwerk is net so belangrik.

  • Werk wat in die klas gedoen is, moet by die huis oorgegaan word om seker te maak dat die leerling dit verstaan en ken.

  • Alle huiswerk moet ingeskryf word in die huiswerkboek.

 

13. JUWELE

 

  • Geen juwele soos ringe, armbande of kettings nie. 

  • Slegs gewone goue en silwer “studs” of ringetjies mag gedra word. Die ringetjies mag nie dik wees nie en moet ongeveer 5mm, in deursnee wees.   

  • Slegs polshorlosies word toegelaat. 

  • Slegs een oorbel per oor in die gaatjie van die oorlel (onderste gaatjie).

  • Dogters mag ook seëlringe dra.

  • Geen “piercings” sal toegelaat word nie.

 

14. NAELS

 

  • Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie. 

  • Geen naellak mag gedra word nie.

 

15. LAATKOM

 

  • Leerlinge moet betyds by die skool wees.

 

16. SPRINGMAT

 

  • Geen leerling mag sonder toesig spring nie. 

  • Daar mag nie meer as een leerling op ‘n slag op die trampolien spring nie. 

  • Geen toertjies mag op die trampolien gedoen word nie. 

  • Geen leerling met skoene mag op die trampolien spring nie.

 

17. OORTREDINGS WAT GLAD NIE GEDULD WORD NIE

 

  • Swak taalgebruik, bakleiery, lelike gesprekke, swak gedrag, stokkiesdraai, kwaadpraat van medeleerlinge, afskryf van huiswerk, slordige werk, laks houding, steel en onhoflike optrede.

 

18. PORNOGRAFIESE EN ANDER EROTIESE MATERIAAL

 

  • Geen pornografiese of ander erotise material mag op die skoolterrein gebring word nie.

  • Alle oortredings van die reëls sal streng aangespreek word.

 

19. POUSE

 

  • Groter leerlinge mag nie onnodig in die spele van die kleineres inmeng of hulle pla nie.

  • Daar mag nie naby motors gespeel word nie.

  • Geen klippe/stokke mag gegooi of mee gespeel word nie.

  • Niemand mag sonder verlof van die hoof die terrein verlaat nie.

 

20. SKOOLTYE

 

  • Die skooldag begin om 7:30 en sluit om 14:00 (Ma tot Do) en almal verdaag om 13:00 op Vrydae.

  • Grondslagfase: Maandae tot Vrydae 7:30 tot 13:00

  • Naskool-ure is: Maandae tot Donderdag 13:00 tot 17:30

    •                         Vrydae 13:00 tot 17:00

    • 'n Boete van R30 per 15 minute laat, sal gehef word.

 

21. SKOOLVERLAAT

 

  • Elke vakonderwyser moet die handboeklys onderteken om te bevestig dat die leerling se handboeke ontvang is en dat die leerling sy/haar gemerkte skrifte ontvang het.

 

22. SPEELGOED

 

  • Geen speelgoed, ingesluit balle, mag na die skool gebring word nie.

 

23. SPOT VAN MEDELEERLINGE

 

  • Geen bespotting van en neerhalende opmerkings teenoor medeleeringe word toegelaat nie.

 

24. SELFONE/MP3-SPELERS/ANDER TEGNOLOGIESE TOESTELLE

 

  • Geen selfone word in die skool toegelaat nie.  Enige noodgevalle word deur die kantoor hanteer.

  • Slegs leerlinge wat met hul motorfietse en motors skool toe kom mag hul selfone saambring.  Die selfone word ingegee by die kantoor en sal die middag aan die leerling terug gegee word.

  • Geen MP3 -spelers word toegelaat nie.

  • Verontagsaming van die reël sal lei tot konfiskering van die selfoon/MP3 -speler vir ‘n week en detensie.

  • Geen verantwoordelikheid sal deur die skool geneem word indien enige toerusting van leerlinge wegraak of gesteel word nie.

 

25. VOORKOMS EN KLEREDRAG

 

  • Leerlinge moet altyd skoon en netjies geklee wees. (Leerlinge mag kaalvoet skool toe kom gedurende die somer.)

  • Naels moet kort en versorg wees en die hare netjies.  Die seuns se hare moet altyd netjies geknip wees.  Die skool behou die reg voor om te besluit of ‘n leerling se hare kort genoeg geknip is. 

  • Seuns wat baard het, moet gereeld skeer. 

  • Geen leerling se hare mag gekleur word nie. 

  • Geen onderklere ,by seuns of dogters ,mag by hulle klere uitsteek nie. 

  • Dogters mag nie kort of lae toppies dra wat hul maag of borste vertoon nie.

 

26. FISIESE KONTAK

 

  • Geen fisiese kontak tussen seuns en dogters word toegelaat nie.

 

27. KOMBUIS

 

  • Geen leerling word in die kombuis toegelaat nie.

 

28. NASKOOL

 

  • Die doen van huiswerk is verpligtend.

 

29. SWEM

 

  • Geen leerling word sonder toesig  by die swembad toegelaat nie.

  • Leerders moet hulle eie handdoeke saambring. Handdoeke moet gemerk wees.

  • Ouers moet ‘n briefie skool toe stuur as die leerling nie mag swem nie. (Siekte ens.)

  • Bêre jou klere op 'n veilige droë plek.

  • Blaas jou neus voor jy in die water klim.

  • Gaan toilet toe en ledig jou blaas voor jy in die water klim.

  • Luister en gehoorsaam die instruksies van die onderwyseres.

 

30. KLEEDKAMERS

 

  • Kleedkamers moet ten alle tye netjies en sindelik gehou word.

  • Leerders moet kleedkamers voor skool of gedurende pouses besoek en besoeke tydens lesure tot die minimum beperk.

  • Toiletware moet spaarsamig gebruik word.

  • Enige wangedrag van leerders of defekte in die kleedkamer moet dadelik aan die hoof gerapporteer word.

bottom of page